Rodney seale biography
A tot Z van Ouerskap - Rodney Seale - Theron Books...
Rodney seale biography
Rodney Seale
Rodney Seale is 'n Suid-Afrikaanseevangelis, motiveringspreker en skrywer. Vanaf die vroeë jare tagtig tree hy op as Afrikaanstalige spreker en afrigter by skole, universiteite, organisasies, jeugkampe en gesinskampe.
Hy praat ook op die radio en televisie en produseer video- en oudiomateriale.[1] In die tagtiger jare het hy in Suid-Afrika 'n bekende naam geword deur sy stryd teen wat hy sien as die gevare van rockmusiek en teen satanisme.[2]
Seale stam uit 'n Engelstalige gesin van Rhodesië.
Toe hy jonk was, het hy Suid-Afrika toe verhuis en matrikuleer hy by 'n Afrikaanse hoërskool.[3] Hy is getroud en het twee dogters en twee kleinkinders.[4]
Aandagsgebiede
[wysig | wysig bron]Seale is in Suid-Afrika bekend vir sy praatjies met skoolkinders en opvoedkundiges oor die gevare, soos hy dit sien, van rockmusiek.
Hierdie musiek maak glo die deur oop na 'n reeks sosiale probleme vanuit 'n konserwatief Christelike perspektief